2 Samuel 14:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê sy: Laat die koning tog dink aan die HERE jou God, dat jy nie meer sal toelaat dat die bloedwrekenaars verder uitroei nie, dat hulle nie my seun vernietig nie. En hy sê: So waar as die HERE leef, daar sal nie een haar van jou seun op die aarde val nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe sê sy: “Lê asseblief ’n eed af by die Here u God dat die bloedwrekers nie wraak op my seun sal neem en hom doodmaak nie.” “So waar as die Here leef,” antwoord die koning, “daar sal nie ’n haar van jou seun se kop val nie!”
Afrikaans 1933/1953 En sy sê: Laat die koning tog dink aan die HERE u God, sodat die bloedwreker nie te veel vernieling aanrig en hulle my seun nie verdelg nie. Toe sê hy: So waar as die HERE leef, nie een haar van jou seun sal op die grond val nie!
Afrikaans 1983 Maar die vrou sê: “Sal die koning tog nie in die Naam van die Here u God onder eed verklaar dat die mense wat my seun moet straf, nie te ver sal gaan en hom doodmaak nie? Hulle moet hom tog nie om die lewe bring nie.” Toe sê die koning: “Ek verklaar voor die Here: Daar sal nie 'n haar van jou seun op die grond val nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daarop sê sy: “Die koning moet asseblief, met die aanroep van die Naam van die Here u God die bloedwreker daarvan weerhou om nog meer vernietiging aan te rig, dat hulle nie my seun uitwis nie.” Toe sê hy: “So waar as die Here leef, geen haar van jou seun sal op die grond val nie. ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar die vrou het gesê: “Daar is iemand, hy is die naaste familielid, hy wil my seun straf. Die koning moet asseblief belowe dat die naaste familielid nie my seun sal doodmaak nie. Jou God die Here moet die getuie wees.” Die koning het geantwoord: “So seker soos die Here lewe, niemand sal jou seun doodmaak nie, daar sal nie 'n haar van jou seun op die grond val nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “U Majesteit,” sê die vrou, “u moet asseblief voor die Here u God sweer dat u sal keer dat die een wat wraak wil neem my seun doodmaak en so nog meer moeilikheid veroorsaak.” Die koning sê toe vir haar: “Ek sweer voor die Here, hulle sal nie aan jou seun raak nie.”