2 Samuel 13:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En sy het 'n pan geneem en dit voor hom uitgegooi; maar hy het geweier om te eet. En Amnon sê: Laat almal van my af weggaan. En hulle het elkeen van hom uitgegaan.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar toe sy die pan voor hom neersit, het hy geweier om te eet. “Almal van julle moet hier uitgaan!” sê hy. Toe almal weg was,
Afrikaans 1933/1953 En sy het die pan geneem en dit voor hom omgekeer, maar hy het geweier om te eet. En Amnon het gesê: Laat almal van my weggaan! En almal het van hom weggegaan.
Afrikaans 1983 Maar toe sy die pan neem en dit vir hom neersit, het Amnon geweier om te eet. Hy het beveel: “Gaan julle ander almal weg hier van my af.” Toe hulle weg is,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Sy het die bakpan geneem en dit voor hom leeggemaak, maar hy het geweier om te eet. Amnon sê toe: “Kry almal uit hier by my!” Almal by hom het toe uitgegaan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe het sy die pan geneem en sy het die broodjies voor hom uitgehaal. Maar hy wou dit nie eet nie. Hy het gesê almal moet uitgaan, en hulle het almal gegaan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Sy het die broodjies uit die bakpan gegooi en voor hom neergesit. Maar hy wou nie eet nie. Hy het gesê al die mans moet eers uit die kamer uitgaan. Toe almal uit die kamer is,