2 Samuel 13:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het Tamar na haar broer Amnon se huis gegaan; en hy is neergelê. En sy het meel geneem en dit geknie en koeke voor sy oë gemaak en die koeke gebak.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe Tamar by Amnon se huis kom, gaan sy in die kamer in waar hy gelê het. Sy het deeg geneem en dit voor sy oë geknie, hartvormige koeke gemaak en dit gebak.
Afrikaans 1933/1953 Toe gaan Tamar in die huis van haar broer Amnon terwyl hy daar lê, en sy het deeg geneem en geknie en koekies voor sy oë gemaak en die koekies gebak.
Afrikaans 1983 Tamar het na haar broer se huis toe gekom terwyl hy op sy bed gelê het. Sy het deeg gevat en geknie en die broodjies voorberei en gebak waar hy dit kon sien.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Tamar het toe na die huis van haar broer gegaan terwyl hy in die bed lê. Sy het die deeg geneem, dit geknie en hartvormige koekies voor hom voorberei, en die koekies gaargemaak.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Tamar het na haar broer Amnon se huis gegaan. Hy was in die bed. Sy het deeg geneem en sy het dit geknie en sy het daar by hom broodjies gebak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Tamar is toe na haar halfbroer se huis toe. Hy was nog in die bed. Sy het deeg gevat en dit geknie. Sy het hartbroodjies gemaak en dit gebak. Hy het haar die hele tyd dopgehou.