2 Samuel 13:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Dawid het toe na Tamar huis toe gestuur en gesê: Gaan nou na die huis van jou broer Amnon en maak vir hom vleis klaar.
Afrikaans (NLV) 2011 Dawid het ingestem en vir Tamar na Amnon se huis toe gestuur om vir hom kos voor te berei.
Afrikaans 1933/1953 Daarop het Dawid na Tamar in die huis gestuur en gesê: Gaan tog in die huis van jou broer Amnon en maak vir hom ete klaar.
Afrikaans 1983 Dawid het 'n boodskap na Tamar by haar woonplek gestuur: “Kom tog na jou broer Amnon se woonplek toe en berei vir hom 'n ete voor.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dawid stuur toe 'n boodskap vir Tamar in die paleis: “Gaan asseblief na die huis van Amnon, jou broer, en berei vir hom voedsel voor.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die koning het toe vir Tamar in haar huis laat weet: “Gaan asseblief na jou broer Amnon se huis en maak vir hom iets om te eet.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dawid het Tamar laat haal uit die huis waar die jongmeisies bly en vir haar gesê: “Gaan na jou broer Amnon se huis toe en maak vir hom kos wat hom beter sal laat voel.”