2 Samuel 13:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Jonadab sê vir hom: Lê jou op jou bed neer en maak jou siek; en as jou vader jou kom sien, sê vir hom: Laat tog my suster Tamar kom en vir my vleis gee en die vleis berei voor my oë, dat ek dit kan sien en dit van haar hand kan eet.
Afrikaans (NLV) 2011 “Ek sal jou sê wat jy moet doen,” sê Jonadab. “Gaan lê in die bed en maak of jy siek is. Wanneer jou pa kom kyk hoe dit gaan, vra hom: ‘Laat Tamar asseblief kom om vir my iets te ete te bring. Sy moet dit voor my oë voorberei sodat ek dit uit haar hande kan eet.’”
Afrikaans 1933/1953 Toe sê Jonadab vir hom: Gaan lê op jou bed en hou jou siek. As jou vader dan kom om jou te sien, moet jy vir hom sê: Laat my suster Tamar tog kom en my iets gee om te eet en die ete voor my oë klaarmaak, dat ek dit kan sien en uit haar hand eet.
Afrikaans 1983 Jonadab het hom toe aangeraai: “Gaan lê op jou bed en maak of jy siek is. As jou pa dan kom kyk hoe dit gaan, moet jy vir hom sê: Laat my suster Tamar tog vir my iets te ete bring. Laat sy die ete hier by my kom voorberei dat ek dit kan sien, want ek wil uit haar eie hande eet.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Gaan lê op jou bed, en maak of jy siek is,” het Jonadab vir hom gesê. “Wanneer jou pa dan inkom om jou te sien, moet jy vir hom sê, ‘Laat Tamar, my suster, asseblief kom en my met kos versorg. Sy moet die voedsel voor my voorberei, sodat ek dit kan sien en uit haar hand kan eet.’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jonadab sê toe vir Amnon: “Jy moet op jou bed gaan lê en maak of jy siek is. Wanneer jou pa kom kyk hoe dit met jou gaan, dan moet jy vir hom vra: ‘Laat my suster Tamar asseblief kom, sy moet hier vir my iets gaarmaak en sy moet dit vir my gee om te eet.’ ”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jonadab gee hom toe hierdie raad: “Gaan lê op jou bed, dan maak jy of jy siek is. Jou pa sal kom kyk hoe dit gaan, dan sê jy vir hom jou suster Tamar moet na jou toe kom om vir jou die kos te maak wat ’n siek mens nodig het. Sê vir hom sy moet dit daar voor jou kom maak en jou dan voer.”