2 Samuel 13:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy sê vir hom: Waarom is jy, wat die seun van die koning is, van dag tot dag maer? sal jy dit nie vir my sê nie? En Amnon sê vir hom: Ek het Tamar lief, my broer Absalom se suster.
Afrikaans (NLV) 2011 Op ’n dag vra Jonadab vir Amnon: “Wat is verkeerd? Hoe is dit dat die seun van ’n koning dag na dag so neerslagtig lyk? Kom vertel my!” Amnon sê toe: “Ek is verlief op Tamar, Absalom se suster.”
Afrikaans 1933/1953 En die vra hom: Waarom lyk jy môre vir môre so bedruk, seun van die koning? Sal jy my dit nie te kenne gee nie? Toe sê Amnon vir hom: Ek is verlief op Tamar, die suster van my broer Absalom.
Afrikaans 1983 “Waarom lyk jy wat 'n koningskind is, dag vir dag so bedruk?” het hy vir Amnon gevra. “Vertel my!” “Dis Tamar, my broer Absalom se suster,” was sy antwoord. “Ek is verlief op haar.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het vir Amnon gevra: “Waarom lyk jy, seun van die koning, oggend ná oggend so ellendig? Wil jy my nie maar vertel nie?” Amnon sê toe vir hom: “Ag, dit is Tamar, die suster van my broer Absalom – ek is verlief!”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy het vir Amnon gevra: “Jy is 'n prins. Hoekom lyk jy elke dag soos 'n man wat swaarkry? Vertel vir my.” Toe sê Amnon vir Jonadab: “Ek is verlief op Tamar, my broer Absalom se suster.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Op ’n dag vra hy vir Amnon: “Hoekom lyk jy elke dag so moedeloos, prins? Wil jy nie maar vir my sê wat jou pla nie?” “Ek is verlief op Tamar, my halfbroer Absalom se suster,” sê Amnon.