2 Samuel 13:36 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En net toe hy klaar gepraat het, kom die seuns van die koning en verhef hulle stem en geween; en ook die koning en al sy dienaars het baie hard geween. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle het kort daarna daar aangekom terwyl hulle huil en treur. Die koning en sy amptenare het ook bitterlik saam met hulle gehuil. |
| Afrikaans 1933/1953 | En net toe hy klaar gespreek het -- daar kom die seuns van die koning aan en verhef hulle stem en ween. En ook die koning en al sy dienaars het geween met 'n baie groot geween. |
| Afrikaans 1983 | Net na hierdie woorde het die koningseuns ingekom. Hulle het hardop begin huil, en die koning en al sy dienaars het bitterlik saamgehuil. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Net toe hy dit gesê het, kom die koning se seuns toe werklik daar aan! Hulle het hardop begin huil, en ook die koning en al sy amptenare het bitterlik gehuil. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En toe Jonadab dit klaar gesê het, het die prinse daar aangekom, en hulle het hard begin huil, en die koning en sy amptenare het ook baie hard begin huil. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Sy woorde was nog nie koud nie, toe kom die koning se seuns by die paleis aan. Hulle het sommer hardop begin huil. Die koning en al sy amptenare het ook sonder ophou gehuil dat die trane loop. |