2 Samuel 13:34 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar Absalom het gevlug. En die jongman wat die wag gehou het, slaan sy oë op en kyk, en kyk, daar kom baie mense op die pad van die heuwel agter hom aan.
Afrikaans (NLV) 2011 Intussen het Absalom gevlug. Die wagter het opgekyk en ’n groot klomp mense sien aankom uit die rigting van Bet-Goron teen die kant van die heuwel.
Afrikaans 1933/1953 En Absalom het gevlug. Toe die jongman wat op wag staan, sy oë opslaan, sien hy dat daar 'n groot skare kom van 'n pad agter hom, aan die kant van die berg.
Afrikaans 1983 Absalom het weggevlug. Terwyl 'n paleiswag uitkyk, sien hy meteens 'n groot klomp mense uit die rigting van die bergskuiling aankom.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Absalom het intussen gevlug. Toe die jong man wat moes waghou, opkyk, sien hy meteens 'n groot groep wat vanaf die pad agter hom, al langs die berg, aankom.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Absalom het gevlug.” Die jongman wat waggestaan het, het gesien daar kom 'n groot klomp mense op die pad agter hom, teen die kant van die berg.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Absalom het natuurlik intussen gevlug. Die man wat by die paleis waggehou het, het skielik aan die westekant ’n klomp mense gesien wat teen die bult afkom.