2 Samuel 13:32 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Jonadab, die seun van Simea, Dawid se broer, het geantwoord en gesê: Laat my heer nie dink dat hulle al die jongmanne, die seuns van die koning, gedood het nie; want Amnon alleen is dood, want volgens Absalom se besluit is dit vasgestel van die dag af dat hy sy suster Tamar gedwing het.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar Jonadab, seun van Dawid se broer Samma sê: “Nee, my heer, moenie dink al die seuns van die koning is doodgemaak nie. Dit is net Amnon wat dood is. Dit was duidelik dat Absalom dit lankal beplan het, sedert Amnon sy suster Tamar verkrag het.
Afrikaans 1933/1953 Maar Jonadab, die seun van Dawid se broer S¡mea, het geantwoord en gesê: My heer moet nie dink dat hulle al die jongmanne, die seuns van die koning, gedood het nie, maar Amnon alleen is dood, want dit was aan die gesig van Absalom te sien van die dag af dat hy sy suster Tamar onteer het.
Afrikaans 1983 Maar Jonadab seun van Dawid se broer Samma het gesê: “U moet tog nie dink hulle het al die jongmanne, die koning se seuns, doodgemaak nie. Net Amnon is dood. Waarlik, daar was moord in Absalom se oë vandat Amnon sy suster Tamar onteer het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar Jonadab, die seun van Dawid se broer Samma, het gesê: “My heer moet nie dink dat hulle al die jong manne, die seuns van die koning, doodgemaak het nie; slegs Amnon is dood; want van die dag af dat hy Tamar, sy suster, verkrag het, is dit al waaroor Absalom gepraat het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar toe sê Jonadab, die seun van Dawid se broer Sima: “Meneer moenie dink al die jongmanne, die prinse, is dood nie. Net Amnon is dood. 'n Mens kon op Absalom se gesig sien dat hy besluit het om vir Amnon dood te maak, van die dag toe Amnon vir Tamar, Absalom se suster, verkrag het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jonadab, Dawid se broerskind, sê toe: “U Majesteit, u hoef nie bang te wees dat al die jongmans, al u seuns, dood is nie. Ek dink net Amnon is dood. Dit was Absalom se bedoeling van die dag af dat Amnon sy suster verkrag het.