2 Samuel 13:31 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het die koning opgestaan en sy klere geskeur en op die aarde gaan lê; en al sy dienaars het daar gestaan met geskeurde klere.
Afrikaans (NLV) 2011 Die koning het opgestaan van sy troon, sy klere geskeur en op die grond neergeval. Sy onderdane by hom het ook hulle klere geskeur.
Afrikaans 1933/1953 Toe staan die koning op en skeur sy klere en gaan lê op die grond, terwyl al sy dienaars met geskeurde klere daarby staan.
Afrikaans 1983 Die koning het van sy troon afgeklim, sy klere geskeur en op die grond gaan lê. Al sy onderdane het ook hulle klere geskeur en by hom kom staan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die koning het opgestaan, sy klere geskeur en op die grond gaan lê. Al sy dienaars het ook met geskeurde klere daar gestaan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die koning het opgestaan en hy het sy klere geskeur en op die grond gaan lê. Al sy amptenare het ook hulle klere geskeur en hulle het by hom kom staan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die koning het van sy stoel af opgespring en sy klere geskeur. Toe het hy op die grond gaan lê. Al sy amptenare het met geskeurde klere daar om hom gestaan.