2 Samuel 13:30 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En terwyl hulle op die pad was, het die tyding tot Dawid gekom en gesê: Absalom het al die seuns van die koning gedood, en daar is nie een van hulle oor nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Terwyl hulle nog op pad terug was, het die gerug Dawid bereik: “Absalom het al u seuns doodgemaak sodat niemand oorgebly het nie!” |
| Afrikaans 1933/1953 | Terwyl hulle op pad was, kom die gerug by Dawid: Absalom het al die seuns van die koning doodgeslaan en nie een van hulle het oorgebly nie. |
| Afrikaans 1983 | Terwyl hulle nog op pad terug was, het die volgende gerug Dawid bereik: “Absalom het al die koningseuns doodgemaak. Daar het nie 'n enkele oorgebly nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle was nog op pad, toe kom die berig by Dawid uit: “Absalom het al die koning se seuns neergevel! Daar het nie een van hulle oorgebly nie.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle was nog op die pad toe Dawid hoor dat Absalom al die prinse doodgeslaan het en dat nie een prins nog lewe nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle was nog op pad, toe kom die nuus by Dawid aan dat Absalom al die koning se seuns vermoor het en dat nie een oorgebly het nie. |