2 Samuel 13:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar Amnon het 'n vriend gehad met die naam van Jonadab, die seun van Simea, Dawid se broer; en Jonadab was 'n baie listige man.
Afrikaans (NLV) 2011 Amnon het ’n vriend gehad met die naam Jonadab, ’n uitgeslape man. Hy was die seun van Dawid se broer Samma.
Afrikaans 1933/1953 Maar Amnon het 'n vriend gehad, met die naam van Jonadab, 'n seun van Dawid se broer S¡mea; en Jonadab was 'n baie skrander man.
Afrikaans 1983 Amnon het 'n vriend gehad. Sy naam was Jonadab, 'n seun van Dawid se broer Samma, en hy was 'n vindingryke man.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar Amnon het 'n vriend gehad met die naam Jonadab, 'n seun van Samma, die broer van Dawid. Dié Jonadab was 'n baie uitgeslape man.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar Amnon het 'n vriend gehad, sy naam was Jonadab. Jonadab was die seun van Dawid se broer Sima. Jonadab was 'n baie slim man.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Amnon en sy neef Jonadab, Samma se seun, was maats. Jonadab het altyd slim planne gehad.