2 Samuel 13:29 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die dienaars van Absalom het met Amnon gedoen soos Absalom beveel het. Toe het al die seuns van die koning opgestaan, en elkeen het hom op sy muil getrek en gevlug. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die lyfwagte het met Amnon gemaak soos Absalom hulle beveel het en Amnon doodgemaak. Die ander seuns van die koning het elkeen op sy muil gespring en gevlug. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die dienaars van Absalom het met Amnon gedoen soos Absalom hulle beveel het. Toe het al die seuns van die koning opgestaan, en hulle het elkeen op sy muil geklim en gevlug. |
| Afrikaans 1983 | Die lyfwagte van Absalom het met Amnon gemaak soos hulle beveel is. Toe het al die ander koningseuns elkeen op sy muil gespring en gevlug. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die jong manne van Absalom het toe met Amnon gemaak soos Absalom beveel het. Toe spring al die seuns van die koning op, klim elkeen op sy muil en vlug weg. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Absalom se jongmanne het met Amnon gedoen soos Absalom vir hulle gesê het. Toe staan al die prinse op en hulle spring op hulle muile en hulle vlug. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Absalom se manne het toe met Amnon gedoen wat hy vir hulle gesê het. Al die koning se seuns het van die tafel af opgespring, elkeen op sy muil gespring en weggejaag. |