2 Samuel 13:28 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Absalom het sy dienaars bevel gegee en gesê: Let tog op wanneer Amnon se hart vrolik is van die wyn, en as ek vir julle sê: Slaan Amnon; maak hom dan dood, wees nie bevrees nie. Het ek jou nie beveel nie? wees moedig en dapper. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Absalom het vir sy lyfwagte gesê: “Wag totdat Amnon dronk is. Wanneer ek die teken gee, moet julle hom doodmaak. Moenie bang wees nie. Ek is die een wat die bevel gegee het. Wees sterk en dapper.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En Absalom het sy dienaars bevel gegee en gesê: Let tog op, net soos Amnon se hart vrolik is van die wyn en ek vir julle sê: Slaan Amnon dood! dan moet julle hom doodmaak. Wees nie bevrees nie; het,k julle dit nie beveel nie? Wees sterk en wees wakker manne. |
| Afrikaans 1983 | Absalom het sy lyfwagte beveel: “Julle moet oplet: net as Amnon lekker jolig raak van die wyn, sal ek vir julle die teken gee. Slaan hom dood. Moenie bang wees nie: ek gee mos self die bevel. Pak hom. Moenie weifel nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Absalom het vir sy jong manne opdrag gegee: “Let goed op; sodra Amnon se hart vrolik raak van die wyn, sal ek vir julle sê, ‘Val Amnon aan!’ Dan moet julle hom doodmaak; moenie bang wees nie. Dit is immers ek wat julle die opdrag gee. Wees dapper en wys dat julle onverskrokke manne is!” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Absalom het vir die jongmanne by hom gesê: “Julle moet asseblief kyk wat Amnon doen. Wanneer hy dronk is van die wyn en ek sê: ‘Slaan vir Amnon dood!’ dan moet julle hom doodmaak. Julle moenie bang wees nie, dit is ék wat sê julle moet dit doen. Julle moet sterk wees, julle moet dapper manne wees.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Absalom het ’n groot fees gehou en vir sy manne gesê: “Julle moet wakker wees! As Amnon vrolik begin raak van die wyn en ek sê vir julle: ‘Steek hom dood!’ dan moet julle hom doodmaak. Julle hoef nie bang te wees nie. Ek sal die skuld kry daarvoor. Wees julle net sterk en vasberade!” |