2 Samuel 13:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarop sê die koning vir Absalom: Nee, my seun, laat ons nie almal nou gaan nie, sodat ons jou nie verskuldig is nie. En hy het hom gedruk, maar hy wou nie gaan nie, maar het hom geseën. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die koning antwoord: “Nee, my seun. As ons almal gaan, sal dit vir jou ’n groot oorlas wees.” Alhoewel Absalom daarop aangedring het, wou die koning nie kom nie, maar het hom voorspoed toegewens. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar die koning sê vir Absalom: Ag nee, my seun, laat ons tog nie almal saamgaan nie, sodat ons jou nie lastig val nie. En hy het by hom aangehou, maar hy wou nie gaan nie en het hom die afskeidseën gegee. |
| Afrikaans 1983 | “Nee, my seun, beslis nie,” was die koning se antwoord. “Ons kan nie almal gaan en vir jou 'n oorlas wees nie.” Ten spyte van sy aandrang wou die koning nie gaan nie, maar tog het hy hom voorspoed toegewens. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar die koning het Absalom geantwoord: “Nee my seun; ons kan nie almal gaan nie, sodat ons nie 'n las op jou is nie.” Alhoewel Absalom by hom aangedring het, wou hy nie gaan nie en het hom seën toegewens. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die koning het vir Absalom gesê: “Nee, my seun, dit sal beter wees as ons nie almal gaan nie. Dit sal te veel werk wees vir jou.” Absalom het weer en weer vir die koning gevra, maar die koning wou nie gaan nie. Toe hy vir Absalom groet, |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Nee, my seun,” sê die koning. “Ons kan nie almal na jou toe gaan nie. Ons sal te veel mense wees.” Absalom het by sy pa aangehou, maar Dawid wou nie saamgaan nie en het vir Absalom gesê hy hoop dit gaan goed met die skeerdery. |