2 Samuel 13:24 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe kom Absalom na die koning en sê: Kyk tog, u dienaar het skaapskeerders; laat tog die koning en sy dienaars saam met u dienaar gaan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy het ook na die koning toe gegaan en gesê: “My skeerders is nou besig. Sal die koning en sy personeel asseblief saamkom om deel te neem aan die geleentheid?” |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarop kom Absalom by die koning en sê: Kyk tog, u dienaar het skeerders. Laat die koning en sy dienaars tog met u dienaar saamgaan. |
| Afrikaans 1983 | Hy het naamlik na die koning toe gegaan en gesê: “Ekskuus tog, ek gaan my skape skeer. Wil die koning en sy paleispersoneel nie miskien na my toe kom nie?” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Absalom het by die koning aangekom en gesê: “Kyk, daar is skeerders by u dienaar. Die koning en sy amptenare moet asseblief saam met u dienaar gaan.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy het ook vir die koning gaan sê: “Ek kry mense om my skape te skeer, ek vra dat die koning en sy amptenare asseblief saam met my moet gaan.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | en het na die koning toe gegaan en vir hom gesê: “My mense is op die oomblik besig om my skape te skeer. Wil die koning en sy amptenare nie maar vir die fees na my toe oorkom nie?” |