2 Samuel 13:23 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En ná twee volle jare het Absalom skaapskeerders gehad in Baäl-Hazor wat langs Efraim is, en Absalom het al die koning se seuns genooi.
Afrikaans (NLV) 2011 Twee jaar later was Absalom besig om sy skape in Baäl-Gasor naby Efraim te laat skeer. Hy het al die seuns van die koning soontoe uitgenooi.
Afrikaans 1933/1953 En ntwee volle jare het Absalom skeerders gehad in Baäl-Hasor wat by Efraim is, en Absalom het al die seuns van die koning genooi.
Afrikaans 1983 Twee jaar later was Absalom besig om sy skape te laat skeer in Baäl-Gasor in Efraim. Hy het al die seuns van die koning uitgenooi.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Twee jaar later was daar skeerders by Absalom in Baäl-Gasor, by Efraim. Absalom het al die koning se seuns genooi.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Twee jaar later het Absalom mense gekry om sy skape se wol af te skeer by die stad Baäl-Gasor. Die stad het behoort aan die Efraim-stam. Absalom het al die prinse genooi om saam te gaan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Twee jaar later was die skeerders besig om Absalom se skape te skeer by Baäl-Gasor, naby die dorp Efraim. Hy wou al die koning se seuns daarheen nooi