2 Samuel 13:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En haar broer Absalom sê vir haar: Was jou broer Amnon by jou? maar swyg nou, my suster, hy is jou broer; ag hierdie ding nie. Tamar het toe woes gebly in haar broer Absalom se huis.
Afrikaans (NLV) 2011 Haar broer Absalom het haar gevra: “Was Amnon by jou? Wees nou eers stil, my suster. Aangesien hy jou broer is, moet jy jou nie daaroor ontstel nie.” Daarna het Tamar as ’n eensame vrou in Absalom se huis gaan woon.
Afrikaans 1933/1953 En haar broer Absalom sê vir haar: Was jou broer Amnon by jou? Swyg dan nou, my suster! Hy is jou broer, sit jou hart nie op hierdie saak nie. So het Tamar dan as 'n verlatene in die huis van haar broer Absalom gebly.
Afrikaans 1983 Haar broer Absalom het toe vir haar gesê: “Was jou broer Amnon by jou? Toe maar, my suster, bly nou maar stil. Hy is jou broer. Moet jou nie hieroor verknies nie.” Tamar het toe in haar broer Absalom se huis gaan bly en sy was 'n wrak.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Haar broer Absalom vra toe vir haar: “Was jou broer Amnon by jou? Bly nou maar stil, my suster; hy is jou broer. Moet jou nie oor hierdie gebeure kwel nie. ” Tamar het in haar broer Absalom se huis gaan woon, 'n eensame vrou.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Haar broer Absalom het vir haar gevra: “Het jou broer Amnon iets aan jou gedoen? Toemaar, bly stil. Hy is jou broer. Moenie sleg voel daaroor nie.” Tamar het toe in haar broer Absalom se huis gaan bly. Sy was 'n eensame vrou.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe sy by haar broer Absalom kom, sê hy vir haar: “Daardie broer Amnon van jou het dit gedoen, nè? Toemaar, my ou sus! Moenie daaroor praat nie, hoor! Hy’s darem jou broer. Moenie jou te veel daaroor kwel nie.” Tamar het by haar broer Absalom ingetrek. Sy was ’n gebroke mens.