2 Samuel 13:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Amnon was so ontsteld dat hy siek geword het oor sy suster Tamar; want sy was 'n maagd; en Amnon het dit vir hom moeilik geag om iets aan haar te doen.
Afrikaans (NLV) 2011 Dit het so ’n obsessie geword dat hy siek van begeerte was. Omdat sy ’n maagd was, het dit onmoontlik gelyk om iets met haar te doen.
Afrikaans 1933/1953 En Amnon het dit hom so aangetrek, dat hy siek was oor sy suster Tamar; want sy was 'n jongmeisie, en dit was in Amnon se oë onmoontlik om haar iets aan te doen.
Afrikaans 1983 Hy was siek van begeerte na sy suster Tamar, want sy was nog 'n maagd en dit was vir hom onmoontlik om by haar te kom en iets aan haar te doen.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Amnon was so terneergedruk, hy was skoon siek oor Tamar, sy suster. Sy was immers 'n maagd, en dit het vir hom onmoontlik gelyk om enigiets aan haar te doen.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Amnon was so verlief op sy half-suster Tamar dat hy siek gevoel het, want sy was nog 'n jongmeisie en hy het nie geweet hoe hy alleen by haar kon kom nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy was skoon siek soos hy die hele dag oor Tamar, sy halfsuster, geloop en dink het. Hy kon nie naby haar kom nie, want sy was nog ’n jongmeisie wat eenkant moes bly.