2 Samuel 13:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En sy sê vir hom: Daar is geen oorsaak nie: hierdie onheil deur my weg te stuur, is groter as die ander wat jy my aangedoen het. Maar hy wou nie na haar luister nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Nee!” sê sy. “Om my nou weg te jaag is ’n groter onreg as wat jy my reeds aangedoen het.” Maar Amnon wou nie na haar luister nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar sy sê vir hom: Aangaande die kwaad om my weg te stuur, dit is groter as die ander wat jy my aangedoen het. Maar hy wou nie na haar luister nie. |
| Afrikaans 1983 | Maar sy sê vir hom: “Moenie die skande wat jy my aangedoen het, vererger deur my weg te jaag nie.” Hy wou nie na haar luister nie |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Sy het vir hom gesê: “Nee, my broer, want hierdie groot onreg om my weg te stuur, is erger as dit wat jy my reeds aangedoen het.” Maar hy wou nie na haar luister nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Sy het vir hom gesê: “Nou jaag jy my weg. Jy wil 'n ding doen wat baie slegter is as die ding wat jy klaar aan my gedoen het.” Maar Amnon wou nie luister na haar nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Nee!” sê sy vir hom. “As jy my nou wegjaag, doen jy nog ’n leliker ding as wat jy alreeds gedoen het.” Maar hy wou nie na haar luister nie. |