2 Samuel 13:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En sy antwoord hom: Nee, my broer, moet my nie dwing nie; want so iets mag nie in Israel gedoen word nie; moenie hierdie sotheid nie.
Afrikaans (NLV) 2011 “Nee, my broer!” smeek sy. “Moenie my onteer nie! Jy weet mos dat so iets nie in Israel gedoen word nie. Moenie hierdie dwase ding aanvang nie!
Afrikaans 1933/1953 Maar sy sê vir hom: Asseblief nie, my broer, onteer my nie, want so iets mag in Israel nie gedoen word nie; moenie so 'n skande begaan nie.
Afrikaans 1983 “Nee, my broer,” sê sy vir hom, “moet my nie onteer nie, want so iets word nie in Israel gedoen nie. Moet nou nie 'n dwaas ding doen nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar sy het vir hom gesê: “Asseblief nie, my broer! Moet my nie verkrag nie, want so iets mag nie in Israel gedoen word nie. Moenie hierdie gruweldaad pleeg nie!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar sy het vir hom gesê: “Nee, my broer, jy moenie vir my verkrag nie. So iets is verkeerd, Israeliete mag dit nie doen nie. Moenie hierdie slegte ding doen nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar sy het gesê: “Nee, my broer! Moenie my verkrag nie! Ons doen nie so iets in Israel nie! Moenie ’n dom ding doen nie!