2 Samuel 13:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Amnon sê vir Tamar: Bring die vleis in die kamer, dat ek uit jou hand kan eet. En Tamar het die koeke wat sy gemaak het, geneem en dit na haar broer Amnon in die kamer gebring.
Afrikaans (NLV) 2011 vra hy vir Tamar: “Bring die kos hier na my toe dat ek dit uit jou hand kan eet.” Tamar neem toe die hartvormige koeke wat sy voorberei het en bring dit na haar broer Amnon se bed.
Afrikaans 1933/1953 Toe sê Amnon aan Tamar: Bring die ete in die slaapkamer, dat ek uit jou hand kan eet. En Tamar het die koekies wat sy gemaak het, geneem en vir haar broer Amnon in die slaapkamer gebring.
Afrikaans 1983 het Amnon vir Tamar gesê: “Bring jy die kos hier na die kamer toe sodat ek dit uit jou hand kan eet.” Tamar het die broodjies wat sy gereed gemaak het, na haar broer in die kamer gebring.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe sê Amnon vir Tamar: “Bring die voedsel na die slaapkamer, sodat ek dit uit jou hand kan eet.” Tamar het die hartvormige koekies wat sy voorberei het, geneem en dit vir Amnon, haar broer, in die slaapkamer gebring.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe sê hy vir Tamar: “Bring die kos na my kamer en gee dit daar vir my.” Tamar het die broodjies geneem wat sy gebak het en sy het dit vir haar broer Amnon in die kamer gebring.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) sê hy vir Tamar: “Bring die broodjies na die agterste kamer, dan voer jy my daar.” Tamar het die hartbroodjies wat sy gebak het, vir Amnon in die agterste kamer gevat.