2 Samuel 13:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En daarna het Absalom, die seun van Dawid, 'n mooi suster gehad met die naam van Tamar; en Amnon, die seun van Dawid, het haar liefgehad. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daarna het iets leliks gebeur. Dawid se seun Absalom het ’n mooi halfsuster met die naam Tamar gehad. Amnon het smoorverlief op haar geraak. |
| Afrikaans 1933/1953 | En daarna het dit gebeur. Absalom, die seun van Dawid, het naamlik 'n mooi suster gehad met die naam van Tamar, en Amnon, die seun van Dawid, was verlief op haar. |
| Afrikaans 1983 | Toe het daar 'n ding gebeur. Dawid se seun Absalom het 'n mooi suster gehad met die naam Tamar. Amnon, 'n ander seun van Dawid, het op haar verlief geraak. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daarna het die volgende gebeur: Absalom, seun van Dawid, het 'n mooi suster gehad. Haar naam was Tamar, en Amnon, seun van Dawid, het op haar verlief geraak. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Later het daar iets gebeur. Dawid se seun Absalom het 'n mooi suster gehad, haar naam was Tamar. Amnon, 'n ander seun van Dawid, was verlief op Tamar. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hierna het daar ’n lelike ding gebeur. Dawid se seun Absalom het ’n suster gehad. Haar naam was Tamar. Sy was baie mooi en haar halfbroer Amnon was verlief op haar. |