2 Samuel 12:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy moet die lam viervoudig teruggee, omdat hy hierdie ding gedoen het en omdat hy geen medelye gehad het nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy moet met vier lammers vergoed vir die ooilam wat hy gevat het en ook omdat hy geen medelye gehad het nie.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En die ooilam moet hy viervoudig teruggee, omdat hy hierdie ding gedoen het en geen ontferming geken het nie. |
| Afrikaans 1983 | *** |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die ooilam moet hy viervoudig vergoed, omdat hy hierdie daad gedoen het en nie die arm man jammer gekry het nie.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy het een ooitjie van die arm man gevat, maar hy moet vier ooitjies teruggee omdat hy hierdie verkeerde ding gedoen het, en omdat hy nie jammer was vir die arm man nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | En daar moet vier van sy lammers gegee word in die plek van daardie een ooilam. Hoe kon die man so iets doen en nie eers jammer voel vir die arm man nie!” |