2 Samuel 12:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Dawid se toorn het baie teen die man ontvlam; en hy sê vir Natan: So waar as die HERE leef, die man wat hierdie ding gedoen het, sal sekerlik sterwe. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dawid was woedend. “So seker as wat die Here leef,” sê hy vir Natan, “die man wat dit gedoen het, verdien die dood! |
| Afrikaans 1933/1953 | En Dawid het baie kwaad geword vir die man en aan Natan gesê: So waar as die HERE leef, die man wat dit gedoen het, moet sterwe! |
| Afrikaans 1983 | [5-6] Dawid het hom bloedig vererg oor die man en vir Natan gesê: “So seker as die Here leef, 'n man wat dit oor sy hart kon kry om so iets te doen, moet doodgemaak word, en hy moet viervoudig vir die ooilam vergoed.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dawid het baie kwaad geword vir daardie man. Hy het vir Natan gesê: “So waar as die Here leef, die man wat dit gedoen het, verdien die dood. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dawid het baie kwaad geword vir die ryk man. Hy het vir Natan gesê: “So seker soos die Here lewe, die man wat dit gedoen het, moet sterf. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dawid was briesend kwaad vir die man wat so iets kon doen. Hy sê vir Natan: “So waar as die Here leef, die man wat dít gedoen het, moet die doodstraf kry! |