2 Samuel 12:31 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het die manskappe wat daarin was, uitgebring en hulle onder sae en onder ystereë en onder ysterbyle gesit en hulle deur die steenoond laat trek; en so het hy gedoen met al die stede van die kinders van Ammon. En Dawid en die hele volk het na Jerusalem teruggekeer.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy het die inwoners van Rabba weggevoer en hulle dwangarbeid laat doen met sae, ysterpikke en byle, en ook in die steengroewe. So het hy met al die Ammonitiese stede gemaak. Daarna het Dawid en die hele leër teruggekeer na Jerusalem toe.
Afrikaans 1933/1953 En die manskappe wat daarin was, het hy uitgebring en hy het hulle aan die werk gesit by die saag en by ysterpenne en ysterbyle, en hulle laat oorbring na die steenoonde; en so het hy met al die stede van die kinders van Ammon gedoen. Toe het Dawid met al die manskappe na Jerusalem teruggegaan.
Afrikaans 1983 Hy het die burgers van Rabba weggevoer en hulle aan die werk gesit met saag, ysterbeitel en byl; party het hy by die steenoonde laat werk. So het hy teenoor al die Ammonitiese stede opgetree. Daarna het hy en al die burgers na Jerusalem toe teruggegaan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die mense wat daarin was, het hy uitgebring. Hy het hulle geplaas by klipsae, ysterpikke en ysterbyle. Daarna het hy hulle oorgeplaas na die steenvorms. So het hy met al die dorpe van die Ammoniete gemaak. Toe het Dawid en al die manskappe teruggekeer na Jerusalem.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy het ook die manne van die stad saamgeneem en hy het hulle laat werk, elkeen met 'n saag of 'n pik of 'n byl. Hy het party manne stene laat maak. Hy het dieselfde gedoen met die manne in al die Ammoniete se stede. Toe het hy en al sy manne teruggegaan na Jerusalem.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy het die mense van die stad vir hom laat werk: party van hulle moes met sae en ysterpikke en byle vir hom sandsteenblokke maak. Ander moes weer kleistene maak. Dawid het die mense van al die dorpe van die Ammoniete so laat werk. Daarna het hy met al die manskappe teruggegaan Jerusalem toe.