2 Samuel 12:30 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het hulle koning se kroon van sy hoof afgehaal, waarvan die gewig 'n talent goud was met die edelgesteentes, en dit is op Dawid se kop gesit. En hy het die buit van die stad in groot menigte uitgebring.
Afrikaans (NLV) 2011 Dawid het die kroon van die koning se kop afgehaal en dit op sy eie kop gesit. Die kroon was van goud met edelgesteentes en het omtrent 34 kilogram geweeg. Dawid het ook ’n groot buit uit die stad geneem.
Afrikaans 1933/1953 En hy het die kroon van hulle koning van sy hoof afgeneem, waarvan die gewig 'n talent goud was, met 'n kosbare steen daarin, en dit het op die hoof van Dawid gekom; en 'n baie groot buit van die stad het hy uitgebring.
Afrikaans 1983 Hy het die kroon van hulle koning se kop afgehaal. Die kroon was van goud, sowat vier en dertig kilogram, en het 'n kosbare steen bevat. Dit het nou op Dawid se kop gekom, en hy het ook 'n groot buit uit Rabba saamgevat.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het hulle koning se kroon van sy kop afgehaal. Die gewig daarvan was 'n kikkar goud, en daar was edelstene in. Dit is op Dawid se kop geplaas. Die buit van die stad wat hy weggevoer het, was besonder groot.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dawid het die kroon afgehaal van hulle koning se kop. Die kroon was gemaak van een talent goud en daar was 'n mooi edelsteen op die kroon. Dawid het die kroon op sy eie kop gesit. Hy het baie goed in die stad gevat en saamgebring.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dawid het die kroon gevat wat op hulle koning Milkom se kop was en dit op sy eie kop gesit. Dit was ’n goue kroon met juwele wat omtrent 34 kilogram geweeg het. Dawid het baie ander goed in die stad gekry.