2 Samuel 12:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar die arm man het niks gehad nie, behalwe een klein ooilammetjie wat hy gekoop en opgevoed het, en dit het saam met hom en sy kinders grootgeword; dit het van sy eie spys geëet en uit sy eie beker gedrink en in sy boesem gelê en was vir hom soos 'n dogter.
Afrikaans (NLV) 2011 Die arm man het niks besit nie behalwe ’n klein ooilammetjie wat hy gekoop het. Hy het haar versorg en saam met sy kinders grootgemaak. Sy het van die oorskietkos geëet, uit sy beker gedrink en op sy skoot gelê. Sy was vir hom soos ’n dogter.
Afrikaans 1933/1953 maar die arme het glad niks gehad nie, behalwe een klein ooilammetjie wat hy gekoop en in die lewe gehou het, en wat by hom en saam met sy kinders groot geword het; dit het van sy stukkie brood geëet en uit sy beker gedrink en in sy skoot geslaap, en dit was vir hom soos 'n dogter.
Afrikaans 1983 Behalwe een ou ooilammetjie het die arm man niks besit nie. Hy het haar aan die lewe gehou, en sy het saam met sy kinders grootgeword. Sy het van sy krummeltjies geëet, uit sy beker gedrink en op sy skoot geslaap. Ja, sy was vir hom soos 'n eie dogter.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) en die arm man het niks behalwe een klein ooilam gehad nie, wat hy gekoop het. Hy het haar aan die lewe gehou, en sy het by hom grootgeword saam met sy kinders. Sy het selfs van sy stukkie brood geëet, uit sy beker gedrink en op sy skoot geslaap. Sy was vir hom soos 'n dogter.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die arm man het niks gehad nie, hy het net een klein skaap-ooitjie gehad wat hy gekoop het. Hy het die ooitjie grootgemaak, en sy het by hom grootgeword saam met sy kinders. Die ooitjie het geëet van sy bietjie kos en sy het uit sy beker gedrink en teen sy bors geslaap. Sy was vir hom soos 'n dogter.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) en die arm man net een ou ooilammetjie wat hy gekoop het toe sy nog baie klein was. Hy het haar hans grootgemaak. Sy het by hom en sy kinders in die huis grootgeword en van hulle paar stukkies brood geëet en uit dieselfde beker as hulle gedrink. Sy het baie keer op sy skoot gelê. Sy was soos ’n kind in die huis.