2 Samuel 12:28 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Versamel dan nou die res van die volk en laer op teen die stad en neem dit in, sodat ek nie die stad inneem en dit na my naam genoem word nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Roep nou die burgermag op, kom beleër die stad en neem dit in sodat u die eer vir die oorwinning kan ontvang en nie ek nie.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Maak u dan nou die orige manskappe bymekaar en beleër die stad en neem dit in, sodat,k nie die stad inneem en my naam daaroor uitgeroep word nie. |
| Afrikaans 1983 | Roep tog nou die res van die burgers op en kom beleër die stad. Neem ú dit in sodat ek nie self die stad verower en dit dus my eiendom word nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Bring nou die res van die manskappe byeen, plaas die stad onder beleg en neem dit in; anders neem ek self die stad in, en dan word my naam daaroor uitgeroep.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jy moet nou die manne wat oor is, bymekaarmaak en julle moet hier by die stad julle tente kom opslaan. Jy moet die stad oorwin, want as ek die stad oorwin, dan sal die stad aan my behoort.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Kom dan nou met die manskappe wat nog oor is, dan kom veg u teen die stad en neem dit in. Ek wil dit nie doen nie, want dan kry ek die eer daarvoor.” |