2 Samuel 12:27 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Joab het boodskappers na Dawid gestuur en gesê: Ek het teen Rabba geveg en die waterstad ingeneem. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe stuur Joab boodskappers na Dawid toe om te sê: “Ek het teen Rabba geveg en hulle waterbron verower. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarop stuur Joab boodskappers na Dawid om te sê: Ek het teen Rabba geveg, ook het ek die waterstad ingeneem. |
| Afrikaans 1983 | het hy 'n boodskap na Dawid toe gestuur: “Ek het Rabba aangeval en ek het reeds die ommuurde waterbron verower. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Joab stuur toe boodskappers na Dawid en laat hom weet: “Ek het teen Rabba geveg en ook beheer geneem oor die watervoorsiening. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe stuur Joab vir Dawid 'n boodskap. Hy het gesê: “Ek het oorlog gemaak teen Rabba en ek het die deel van die stad oorwin waar die water is. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Joab stuur toe mense na Dawid toe om vir hom te sê: “Ek het teen Rabba geveg en die onderste deel van die stad waar die water is, oorgeneem. |