2 Samuel 12:24 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Dawid het sy vrou Bátseba getroos en by haar ingegaan en met haar gemeenskap gehad; en sy het 'n seun gebaar, en hy het hom Salomo genoem; en die HERE het hom liefgehad. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dawid het toe vir Batseba sy vrou getroos en by haar geslaap. Sy het ’n seun in die wêreld gebring. Dawid het hom Salomo genoem. Die Here het die seun liefgehad |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarna het Dawid sy vrou B tseba getroos en by haar ingegaan en by haar geslaap. En sy het 'n seun gebaar, en hy het hom Salomo genoem. En die HERE het hom liefgehad, |
| Afrikaans 1983 | Daarna het Dawid sy vrou Batseba getroos. Hy het by haar slaapkamer ingegaan en by haar geslaap. Sy het 'n seun in die wêreld gebring, en Dawid het hom Salomo genoem. Die Here het hom liefgehad |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dawid het sy vrou, Batseba, getroos. Hy het na haar toe gegaan, by haar geslaap, en sy het vir hom 'n seun in die wêreld gebring. Hy het hom Salomo genoem. Die Here was lief vir hom |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dawid het sy vrou Batseba getroos. Hy het na haar toe gegaan en by haar geslaap. Sy het 'n seun gekry, en Dawid het hom Salomo genoem. Die Here was lief vir die kind. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dawid het sy vrou Batseba getroos. Hy het by haar geslaap en sy het toe weer ’n seuntjie gehad. Dawid het hom Salomo genoem. Die Here het van Salomo gehou. |