2 Samuel 12:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê hy: Terwyl die kind nog gelewe het, het ek gevas en geween, want ek het gesê: Wie kan weet of God my genadig sal wees, dat die kind kan lewe?
Afrikaans (NLV) 2011 Dawid antwoord hulle: “Terwyl die kind nog gelewe het, het ek gevas en gehuil, want ek het gedink: ‘Miskien sal die Here genadig wees en die kind laat lewe.’
Afrikaans 1933/1953 En hy sê: Toe die kind nog in die lewe was, het ek gevas en geween, want ek het gedink: Wie weet -- die HERE kan my genadig wees, sodat die kind in die lewe bly.
Afrikaans 1983 Sy antwoord was: “Terwyl die kind nog gelewe het, het ek gevas en gehuil, want ek het gedink: wie weet, dalk is die Here my genadig, en dan sal die kind lewe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het geantwoord: “Terwyl die kind nog lewend was, het ek gevas en gehuil, want ek het gedink, wie weet, die Here is my dalk genadig, sodat die kind bly leef.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dawid het gesê: “Toe die kind nog gelewe het, het ek gevas en gehuil, want ek het gedink die Here sal miskien goed wees vir my en Hy sal die kind laat lewe.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dawid het hulle geantwoord: “Toe die kind nog geleef het, het ek niks geëet nie en gehuil omdat ek gedink het miskien sal die Here my jammer kry en die kind laat leef.