2 Samuel 12:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê sy dienaars vir hom: Wat is dit vir iets wat jy gedoen het? U het gevas en geween oor die kind terwyl dit nog gelewe het; maar toe die kind dood was, het jy opgestaan en brood geëet. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar sy amptenare vra vir hom: “Hoe moet ons nou u optrede verstaan? Terwyl die kind nog gelewe het, het u gehuil en gevas. Maar noudat die seun dood is, het u opgestaan en geëet.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe vra sy dienaars hom: Wat is dit vir 'n ding wat u gedoen het? Ter wille van die lewende kind het u gevas en geween, maar net toe die kind dood was, het u opgestaan en brood geëet. |
| Afrikaans 1983 | Sy amptenare vra hom toe: “Wat doen u nou? Toe die kind nog gelewe het, het u gevas en gehuil. Nou dat die kind dood is, staan u op en u eet?” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Sy dienaars het vir hom gevra: “Wat beteken dit wat u gedoen het? Ter wille van die kind wat nog geleef het, het u gevas en gehuil, maar toe die kind dood is, het u opgestaan en brood geëet.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Sy amptenare vra toe vir hom: “Hoekom doen jy dit? Toe die kind gelewe het, het jy gevas en gehuil. Maar nou is die kind dood, en nou staan jy op en jy eet.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die paleiswerkers sê toe vir hom: “Hoe moet ons dit verstaan? Vir so lank as wat die kind geleef het, het u niks geëet nie en gehuil, maar nou dat die kind dood is, staan u op en u eet?” |