2 Samuel 12:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe het Dawid van die aarde af opgestaan en hom gewas en hom gesalf en sy klere verander en in die huis van die HERE gekom en aanbid; en as hy dit gevra het, het hulle hom brood voorgesit, en hy het geëet. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe het Dawid van die grond af opgestaan, homself gewas en reukolie aangesmeer. Nadat hy skoon klere aangetrek het, het hy in die heiligdom ingegaan en daar aanbid. Daarna het hy na die paleis toe teruggegaan en kos gevra. Hulle het dit gebring en hy het geëet. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe het Dawid van die grond opgestaan en hom gewas en gesalf en ander klere aangetrek en in die huis van die HERE gegaan en aanbid. Daarop het hy in sy huis gekom en gevra dat hulle brood aan hom moet voorsit; en hy het geëet. |
| Afrikaans 1983 | Toe het Dawid van die grond af opgestaan. Hy het gaan was, reukolie aangesmeer, aangetrek en na die heiligdom toe gegaan om te aanbid. Hierna is hy huis toe en het hy kos gevra. Hulle het hom 'n ete voorgesit en hy het geëet. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dawid het toe van die grond af opgestaan, hom gewas en gesalf en sy klere verwissel. Hy het in die huis van die Here ingegaan en in aanbidding gebuig. Daarna het hy na sy huis gegaan. Op sy versoek het hulle vir hom kos voorgesit, en hy het geëet. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe staan Dawid op en hy was en hy smeer lekkerruik-olie aan homself. Hy het ander klere aangetrek en hy het na die tempel-tent gegaan en gebid. Daarna het hy huis toe gegaan en kos gevra. Hulle het vir hom kos gegee en hy het geëet. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dawid het van die grond af opgestaan en hom gewas. Hy het olyfolie aan sy vel gesmeer en skoon klere aangetrek. Hy het na die altaar van die Here toe gegaan en voor die Here op sy knieë gaan staan. Daarna het hy na die paleis toe teruggegaan en vir sy mense gesê hy wil eet. Hulle het vir hom kos gegee en hy het dit geëet. |