2 Samuel 12:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar toe Dawid sien dat sy dienaars fluister, het Dawid gemerk dat die kind dood was; daarom het Dawid vir sy dienaars gesê: Is die kind dood? En hulle sê: Hy is dood.
Afrikaans (NLV) 2011 Dawid het opgemerk dat hulle onder mekaar fluister en hy het besef dat die kind gesterf het. “Is die kind dood?” vra hy. “Ja, hy is dood,” antwoord hulle.
Afrikaans 1933/1953 Maar toe Dawid sien dat sy dienaars onder mekaar fluister, het Dawid gemerk dat die kind dood was. En Dawid sê aan sy dienaars: Is die kind dood? En hulle antwoord: Hy is dood.
Afrikaans 1983 Dawid het agtergekom dat sy amptenare onder mekaar fluister en hy het afgelei dat die kind dood is. “Is die kind dood?” het hy gevra. “Hy is dood,” was hulle antwoord.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar Dawid het gemerk dat sy dienaars onder mekaar staan en fluister, en hy het besef dat die kind dood is. Dawid vra toe vir sy dienaars: “Is die kind dood?” Hulle het gesê: “Ja, hy is.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dawid het gesien dat sy amptenare fluister en hy het besef dat die kind dood is. Hy vra toe vir sy amptenare of die kind dood is, en hulle het gesê: “Ja, hy is dood.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dawid het gesien sy werksmense praat so saggies met mekaar. Toe weet hy die kind is dood. Hy vra toe vir hulle: “Is die kind dood?” “Ja, hy is dood,” het hulle geantwoord.