2 Samuel 12:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En op die sewende dag het die kind gesterwe. En die dienaars van Dawid was bang om hom te vertel dat die kind dood was, want hulle het gesê: Kyk, terwyl die kind nog gelewe het, het ons met hom gespreek, en hy het nie na ons stem geluister nie; hoe sal hy homself dan kwel as sê ons vir hom dat die kind dood is?
Afrikaans (NLV) 2011 Op die sewende dag het die kind gesterf. Dawid se amptenare was bang om dit vir hom te vertel. “Toe die kind nog gelewe het, het ons met die koning gepraat, maar hy wou nie vir ons luister nie,” het hulle gesê. “Watter onverantwoordelike ding sal hy dalk doen as ons hom vertel dat die kind dood is?”
Afrikaans 1933/1953 En op die sewende dag het die kind gesterwe; en die dienaars van Dawid was bevrees om hom te vertel dat die kind dood was, want hulle het gesê: Kyk, toe die kind nog in die lewe was, het ons met hom gespreek, maar hy het nie na ons geluister nie. Hoe kan ons dan vir hom sê: Die kind is dood! -- hy kan 'n verkeerde ding doen.
Afrikaans 1983 Op die sewende dag het die kind gesterwe, en Dawid se amptenare was bang om hom te vertel dat die kind dood is. Hulle het gesê: “En nou? Toe die kind nog gelewe het, het ons met die koning gepraat, en hy het nie na ons geluister nie. Hoe kan ons nou vir hom sê die kind is dood? Hy sal 'n onbesonne ding aanvang.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Op die sewende dag het die kind gesterf. Die dienaars van Dawid was bang om vir hom te vertel dat die kind dood is, want hulle het gesê: “Kyk, terwyl die kind geleef het, het ons met hom gepraat, maar hy het nie na ons geluister nie. Hoe moet ons dan vir hom sê die kind is dood? Hy sal iets onverantwoordeliks doen.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die kind het op die sewende dag gesterf. Dawid se amptenare was bang om vir hom te sê dat die kind dood is. Hulle het gesê: “Toe die kind nog gelewe het, het ons met die koning gepraat, maar hy het nie na ons geluister nie. Ons kan nie nou vir hom sê dat die kind dood is nie. Hy sal miskien 'n verkeerde ding doen.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) ’n Week later is die kind dood. Dawid se werksmense was te bang om dit vir hom te sê. Hulle het vir mekaar gesê: “Toe die kind nog geleef het, het ons mooi met hom gepraat, maar hy wou glad nie na ons luister nie. Hoe kan ons nou vir hom sê die kind is dood? Hy doen dalk ’n lelike ding!”