2 Samuel 12:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die oudstes van sy huis het opgestaan en na hom gegaan om hom van die aarde op te wek; maar hy wou nie, en hy het nie saam met hulle brood geëet nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Die oudstes van sy huishouding het by hom gepleit om op te staan, maar hy het geweier en wou nie saam met hulle eet nie.
Afrikaans 1933/1953 Daarop kom die oudstes van sy huis na hom en wou hom van die grond laat opstaan, maar hy wou nie; ook het hy geen brood saam met hulle geëet nie.
Afrikaans 1983 Die hoofde van sy huishouding het hom probeer oorreed om van die grond af op te staan, maar hy wou nie. Hy het nie saam met hulle aan tafel verskyn nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die oudstes van sy huishouding het by hom gaan staan en probeer om hom van die grond af te laat opstaan, maar hy wou nie. Hy het nie saam met hulle iets geëet nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die amptenare in sy paleis het probeer om hom te laat opstaan van die grond, maar hy wou nie en hy wou ook nie saam met hulle eet nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Sy ou paleiswerkers het hom gesoebat om van die grond af op te staan, maar hy wou nie en hy wou ook niks saam met hulle eet nie.