2 Samuel 12:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Natan het na sy huis gegaan. En die HERE het die kind wat Urija se vrou vir Dawid gebaar het, geslaan, en dit was baie siek. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Nadat Natan daar weg is, het die Here die kind van Urija se vrou en Dawid dodelik siek laat word. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe gaan Natan na sy huis. En die HERE het die kind wat die vrou van Ur¡a vir Dawid gebaar het, getref, sodat dit ernstig siek geword het. |
| Afrikaans 1983 | Natan het huis toe gegaan, en die Here het die kind wat Urija se vrou vir Dawid in die wêreld gebring het, getref. Die kind het ernstig siek geword. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe het Natan huis toe gegaan. Die Here het die kind wat die vrou van Urija vir Dawid in die wêreld gebring het, getref, en hy het ernstig siek geword. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Natan het huis toe gegaan. Die Here het die kind siek laat word wat die vrou van Urija vir Dawid gekry het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Nadat Natan daar weg is huis toe, het die Here die kind van Dawid en Urija se vrou laat siek word. |