2 Samuel 12:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar omdat jy deur hierdie daad groot aanleiding gegee het aan die vyande van die HERE om te laster, sal ook die kindjie wat vir jou gebore is, sekerlik sterwe. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar jy het vir die vyande van die Here geleentheid gegee om Hom te laster. Daarom sal hierdie kind sterf.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar omdat u die vyande van die HERE deur hierdie saak aanleiding gegee het om grootliks te laster, sal die kind wat vir u gebore is, ook sekerlik sterwe. |
| Afrikaans 1983 | Maar omdat jy deur hierdie daad die vyande van die Here aanleiding gegee het om Hom te laster, sal hierdie selfde kind wat vir jou gebore is, sterwe.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | maar omdat jy deur hierdie gebeure heeltemal oneerbiedig opgetree het teenoor die Here, sal die kind wat vir jou gebore is, sonder twyfel sterf.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar jy het dieselfde gedoen wat die vyande van die Here doen, jy het gewys dat jy dink die Here is nie belangrik nie. Daarom sal die seun sterf wat vir jou gebore is. Dit is seker.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | maar die kind wat gebore is, sal vir seker doodgaan, want jy het die Here in die gesig gevat toe jy hierdie verskriklike ding gedoen het.” |