2 Samuel 12:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê Dawid vir Natan: Ek het gesondig teen die HERE. Toe sê Natan vir Dawid: Die HERE het ook jou sonde weggeneem; jy sal nie sterwe nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe bely Dawid sy skuld en sê vir Natan: “Ek het teen die Here gesondig.” Natan antwoord hom: “Die Here het jou sonde vergewe sodat jy nie oor hierdie sonde sal sterf nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Dawid sê vir Natan: Ek het gesondig teen die HERE! En Natan sê vir Dawid: So het die HERE dan ook u sonde vergewe: u sal nie sterf nie. |
| Afrikaans 1983 | Toe sê Dawid vir Natan: “Ek het gesondig teen die Here.” En Natan sê vir hom: “Die Here het jou sonde vergewe: jy sal nie nou sterwe nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Ek het gesondig teen die Here, ” het Dawid vir Natan gesê, waarop Natan toe vir Dawid sê: “Die Here self het jou sonde opsy geskuif. Jy sal nie sterf nie; |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dawid het vir Natan gesê: “Ek het sonde gedoen teen die Here.” Natan sê toe vir Dawid: “Die Here het jou sonde vergewe omdat jy dit gesê het. Jy sal nie sterf nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dawid het vir Natan gesê: “Ek het ’n vreeslike verkeerde ding teen die Here gedoen!” Natan het geantwoord: “Die Here sal die fout wat jy gemaak het, oorsien: jy sal nie die doodstraf kry nie, |