2 Samuel 12:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) So sê die HERE: Kyk, Ek sal onheil teen jou verwek uit jou eie huis, en Ek sal jou vroue voor jou oë neem en hulle aan jou naaste gee, en hy sal met jou vrouens gemeenskap het voor die oë van hierdie son.
Afrikaans (NLV) 2011 “Omdat jy dit gedoen het, sal Ek, die Here, toesien dat jou eie huis ellende oor jou bring. Ek sal jou vroue voor jou oë vir ’n ander man gee, en hy sal oop en bloot, in die helder daglig, by hulle gaan slaap.
Afrikaans 1933/1953 So sê die HERE: Kyk, Ek sal uit jou huis onheil oor jou verwek, en jou vroue voor jou oë neem en aan jou naaste gee, sodat hy by jou vroue sal slaap voor die oog van hierdie son.
Afrikaans 1983 “So sê die Here: Van nou af gaan Ek uit jou eie huis ellende oor jou bring. Ek sal jou vrouens voor jou oë vat en aan iemand anders gee. Hy sal by jou vrouens slaap oop en bloot,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “So sê die Here, ‘Kyk, Ek gaan onheil teen jou verwek uit jou eie huis. Ek sal jou vroue voor jou oë neem en aan jou naaste gee. Hy sal openlik by jou vroue slaap.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Die Here sê: Ek sal nou iemand uit jou eie familie laat kom, hy sal jou laat swaarkry. Ek sal jou vroue vat en Ek sal hulle vir 'n ander persoon gee. Jy sal dit sien. Hy sal in die dag by jou vroue slaap, almal sal dit sien.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Die Here het vir jou nog ’n boodskap. Hy het gesê: ‘Ek sal sorg dat daar vir jou genoeg moeilikheid uit jou eie familie kom: jy sal sien hoe Ek jóú vroue vat en vir iemand gee wat naby jou is. Hy sal helder oordag by hulle slaap.