2 Samuel 12:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die HERE het Natan na Dawid toe gestuur. En hy het na hom gekom en vir hom gesê: Daar was twee manne in een stad; die een ryk en die ander arm.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Here het toe die profeet Natan na Dawid toe gestuur. Hy het by Dawid gekom en vir hom vertel: “In ’n bepaalde dorpie was daar twee mans. Die een was ryk en die ander arm.
Afrikaans 1933/1953 Daarom het die HERE Natan na Dawid gestuur. Toe hy by hom inkom, sê hy vir hom: Daar was twee manne in 'n sekere stad, die een was ryk en die ander arm.
Afrikaans 1983 Daarna het die Here vir Natan na Dawid toe gestuur. Natan het by hom gekom en gesê: “Daar was twee mans in dieselfde plek. Die een was ryk en die ander arm.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Here het Natan na Dawid gestuur. Toe hy by hom kom, het hy vir hom gesê: “Daar was twee mans in 'n sekere dorp. Die een was ryk en die ander was arm.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here het vir Natan na Dawid toe gestuur. Natan het by Dawid gekom en hy het vir Dawid gesê: “Daar was twee mans in 'n stad, die een man was ryk en die ander man was arm.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here het Natan na Dawid toe gestuur. Toe hy by hom kom, sê hy vir hom: “Daar was twee mense in ’n dorp; die een was ryk en die ander een arm.