2 Samuel 11:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Dawid het vir Uría gesê: Gaan af na jou huis en was jou voete. En Uría het uit die huis van die koning gegaan, en 'n klomp vleis van die koning het hom gevolg. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe sê hy vir Urija: “Gaan gerus huis toe en rus ’n bietjie.” Dawid het selfs ’n geskenk agter Urija aan gestuur nadat hy die paleis verlaat het. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Dawid sê vir Ur¡a: Gaan af na jou huis en was jou voete. En toe Ur¡a uit die paleis uitgaan, het 'n geskenk van die koning hom gevolg. |
| Afrikaans 1983 | Hierna het Dawid vir Urija gesê: “Gaan nou maar huis toe en rus 'n bietjie.” Toe Urija uit die paleis gaan, het die koning ook nog 'n geskenk agter hom aangestuur. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dawid sê toe vir Urija: “Gaan af na jou huis en was jou voete.” Toe Urija uit die paleis van die koning gaan, het 'n geskenk van die koning hom gevolg, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daarna het Dawid vir Urija gesê: “Gaan nou huis toe en was jou voete.” Toe Urija uit die paleis gaan, het die koning vir hom 'n present gestuur. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daarna sê Dawid vir hom: “Gaan nou na jou huis toe, dan ontspan jy lekker.” Net na Urija uit die paleis is, het die koning vir hom ’n groot ete gestuur. |