2 Samuel 11:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Dawid het toe gestuur en die vrou navraag gedoen. En een het gesê: Is dit nie Bátseba, die dogter van Elíam, die vrou van Uría, die Hetiet nie? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy stuur toe iemand om uit te vind wie sy is. “Dis Batseba, die dogter van Eliam en vrou van Urija die Hetiet,” verneem hy. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Dawid het ondersoek laat doen na die vrou, en hulle het gesê: Is dit nie B tseba, die dogter van El¡am, die vrou van Ur¡a die Hetiet nie? |
| Afrikaans 1983 | Dawid het oor haar laat navraag doen, en iemand het gesê: “Dit is Batseba dogter van Eliam, die vrou van Urija die Hetiet.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dawid stuur toe iemand om navraag te doen oor die vrou. Die man het gesê: “Is dit nie Batseba, die dogter van Eliam, die vrou van Urija, die Hetiet nie?” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dawid het iemand gestuur om uit te vind wie die vrou is. Dit was Batseba, die dogter van Eliam. Batseba was die vrou van Urija die Hetiet. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dawid het iemand gestuur om te gaan uitvind wie sy is. Die man kom sê toe vir hom: “Dit is Eliam se dogter Batseba; sy is getroud met Urija, ’n Hetiet.” |