2 Samuel 11:27 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe die rou verby was, het Dawid gestuur en haar na sy huis gaan haal, en sy het sy vrou geword en vir hom 'n seun gebaar. Maar die ding wat Dawid gedoen het, was verkeerd in die oë van die HERE.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe die routyd verby was, het Dawid haar na sy paleis toe laat haal en sy het een van Dawid se vroue geword. Sy het geboorte gegee aan ’n seuntjie. Maar die Here was baie ontevrede met dit wat Dawid gedoen het.
Afrikaans 1933/1953 Nadat die routyd verby was, het Dawid gestuur en haar in sy huis opgeneem; en sy het sy vrou geword en vir hom 'n seun gebaar. Maar die ding wat Dawid gedoen het, was verkeerd in die oë van die HERE.
Afrikaans 1983 Toe die routyd oor was, het Dawid haar na sy huis toe laat haal. Sy het sy vrou geword en vir hom 'n seun in die wêreld gebring. Maar wat Dawid gedoen het, was verkeerd in die oë van die Here.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Nadat die routyd verby was, het Dawid haar laat haal en in sy paleis ontvang. Sy het sy vrou geword en vir hom 'n seun in die wêreld gebring. Maar dit wat Dawid gedoen het, was verkeerd in die oë van die Here.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe die routyd verby is, het Dawid vir Batseba laat haal en hy het haar na sy huis gebring. Sy het Dawid se vrou geword en sy het vir hom 'n seun gekry. Die Here het nie gehou van hierdie ding wat Dawid gedoen het nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Na die week verby is, het Dawid haar na die paleis toe laat bring. Hy is met haar getroud en toe die baba gebore is, was dit ’n seun. Maar die Here het niks gehou van wat Dawid gedoen het nie.