2 Samuel 11:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê Dawid vir die boodskapper: So moet jy vir Joab sê: Laat hierdie saak jou nie kwaad maak nie, want die swaard verteer die een sowel as die ander; maak jou stryd sterker teen die stad en vernietig dit, en bemoedig hom. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dawid antwoord: “Sê vir Joab: ‘Moenie jou hieroor ontstel nie. Die swaard tref nou een, dan ’n ander. Veg net nog harder en verower die stad!’ So moet jy hom bemoedig.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarop het Dawid aan die boodskapper gesê: So moet jy aan Joab sê: Laat hierdie saak nie so verkeerd wees in jou oë nie, want die swaard verteer die een sowel as die ander; veg net dapper teen die stad en verwoes dit. So moet jy hom moed inpraat. |
| Afrikaans 1983 | Dawid het die boodskapper beveel: “Sê vir Joab: ‘Jy moet jou dit nie te veel aantrek nie. Dit gebeur nou maar eenmaal so dat mense sneuwel. Veg dapper in jou stryd teen die stad en verwoes dit.’ En praat hom moed in.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dawid het vir die boodskapper gesê: “Jy moet vir Joab so sê, ‘Hierdie voorval moet jy nie as iets verkeerds beskou nie. Die swaard verteer immers nou so, en dan weer so. Verskerp jou stryd teen die stad en breek dit af.’ Praat hom so moed in.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dawid het vir die boodskapper gesê: “Jy moet vir Joab sê: ‘Jy moenie sleg voel oor hierdie ding nie, want hierdie dinge gebeur in oorlog. Jy moet nou hard veg en jy moet die stad verwoes.’ Jy moet vir Joab sê hy moet sterk wees.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dawid het vir die man gesê: “Gaan sê vir Joab hy moenie sleg voel daaroor nie. Mense gaan maar dood in ’n oorlog. Sê vir hom hy moet nog harder probeer en die stad met die grond gelyk maak. Sê vir hom hy moet dapper wees!” |