2 Samuel 11:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die skieters het van die muur af op u dienaars geskiet; en sommige van die koning se dienaars het gesterf, en u dienaar Urija, die Hetiet, is ook dood.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe het die boogskutters van die muur af op ons begin skiet. Sommige van u soldate is getref, ook Urija die Hetiet is dood.”
Afrikaans 1933/1953 Toe het die boogskutters bo van die muur af op u dienaars geskiet, sodat daar van die koning se dienaars gesterf het, en u dienaar Ur¡a, die Hetiet, is ook dood.
Afrikaans 1983 het die boogskutters bo van die muur af u manskappe begin raakskiet. So het party van die koning se soldate gesneuwel, en ook Urija die Hetiet het so gesterf.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe het die boogskutters bo van die muur af op u dienaars geskiet, en van die koning se dienaars is dood. Ook u dienaar, Urija, die Hetiet, is dood.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die manne wat bo-op die muur was, skiet toe na ons met hulle pyle, en party van die koning se manne het gesterf. Urija die Hetiet is ook dood.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) maar toe skiet hulle op ons bo van die muur af met pyl en boog. Van U Majesteit se soldate is daar dood. Urija, die Hetiet, is ook dood.”