2 Samuel 11:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Wie het Abimeleg, die seun van Jerubbéset, verslaan? het 'n vrou nie 'n stuk meulsteen van die muur af op hom gegooi, dat hy in Tebes gesterf het nie? waarom het julle naby die muur gegaan? sê dan: U kneg Urija, die Hetiet, is ook dood. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Wie het Abimelek seun van Jerubbeset doodgemaak? Is dit dan nie ’n vrou wat bo van die muur af ’n maalklip op hom gegooi het sodat hy by Tebes gesterf het nie? Hoekom het julle so naby aan die muur gekom?’ Dan moet jy vir hom sê: ‘Urija die Hetiet het ook gesneuwel.’” |
| Afrikaans 1933/1953 | Wie het Abim,leg, die seun van Jerubb,set, verslaan? Het nie 'n vrou bo van die muur af 'n boonste meulsteen op hom gegooi, sodat hy in Tebes gesterf het nie? Waarom het julle so naby die muur gekom? -- dan moet jy sê: U dienaar Ur¡a, die Hetiet, is ook dood! |
| Afrikaans 1983 | Wie het vir Abimelek seun van Jerubbeset doodgemaak? Is dit nie 'n vrou wat 'n maalklip bo van die muur af op hom gegooi het, sodat hy in Tebes gesterf het nie? Waarom het julle so naby die muur gekom?’ dan moet jy sê: Ook u manskap Urija die Hetiet het gesneuwel.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Wie het Abimeleg, seun van Jerubbeset, neergevel? Was dit nie 'n vrou wat 'n boonste maalklip van die muur af op hom gegooi het, sodat hy in Tebes gesterf het nie? Waarom het julle so na aan die muur gekom?’ dan moet jy net sê, ‘U dienaar, Urija, die Hetiet, is ook dood.’ ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Wie het vir Abimelek seun van Jerub-Beset raakgegooi? Dit was 'n vrou wat bo-op die muur was en sy het van daar 'n maalklip op hom gegooi. So het Abimelek daar in Tebes gesterf. Hoekom het julle naby die muur gekom?’ Dan moet jy vir koning Dawid sê: ‘Urija die Hetiet is ook dood.’ ” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Het julle vergeet wat met Abimelek, Jerubbeset se seun, by Tebes gebeur het? ’n Vrou het hom dan met ’n maalklip bo van die muur af doodgegooi! Hoekom het julle so naby die muur gekom?’ Dan moet jy maar net vir die koning sê: ‘Daardie soldaat van u, Urija, die Hetiet, is ook dood.’” |