2 Samuel 11:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En as die toorn van die koning opkom en hy vir jou sê: Waarom het julle so naby die stad gekom toe julle geveg het? Het julle nie geweet dat hulle van die muur af sou skiet nie?
Afrikaans (NLV) 2011 As hy kwaad word en vra: ‘Hoekom het julle so naby aan die stad gekom? Weet julle nie dat daar van die mure af op julle geskiet sal word nie?
Afrikaans 1933/1953 as dan die woede van die koning opkom en hy vir jou sê: Waarom het julle so naby die stad gekom om te veg? Het julle dan nie geweet dat hulle bo van die muur af sou skiet nie?
Afrikaans 1983 en net as hy begin kwaad word en jou vra: ‘Waarom het julle so naby die stad gaan veg? Het julle nie gedink aan die mense wat bo van die muur af skiet nie?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) en die woede van die koning dalk opvlam en hy vir jou sê, ‘Waarom het julle so na aan die stad gegaan om te veg? Het julle nie geweet dat hulle van die muur af sou skiet nie?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) ‘Hoekom het julle so naby die stad gaan veg? Julle weet die vyande is bo-op die muur en hulle skiet van daar af.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) sal hy dalk kwaad word en vir jou sê: ‘Maar hoekom het julle so naby die muur van die stad geveg? Het julle nie geweet hulle gaan julle bo van die muur af met goed bestook nie?