2 Samuel 11:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die manne van die stad het uitgetrek en teen Joab geveg, en daar het van die mense van die dienaars van Dawid geval; en Urija, die Hetiet, het ook gesterf. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die verdedigers het uitgekom om teen Joab te veg. Verskeie van Dawid se soldate het gesneuwel, ook Urija die Hetiet. |
| Afrikaans 1933/1953 | En toe die manne van die stad uittrek en met Joab veg, het daar van die manskappe, van die dienaars van Dawid, geval, en Ur¡a, die Hetiet, het ook gesterwe. |
| Afrikaans 1983 | Die burgers van die stad het uitgekom en teen Joab geveg. Daar het van Dawid se soldate gesneuwel, en Urija die Hetiet het ook omgekom. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe die manne van die stad uittrek en teen Joab veg, het van die manskappe, van Dawid se dienaars, geval. Ook Urija, die Hetiet, het gesterf. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die vyande het uit die stad gekom en hulle het teen Joab en die manne geveg. Party van Dawid se manne het gesterf, en Urija die Hetiet het ook gesterf. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die soldate van die stad het uitgekom om teen Joab te veg. Van Dawid se soldate is in die geveg dood. Urija, die Hetiet, was een van hulle. |